Helsinki-lughawe

Helsinki-Vantaa-lughawe
Helsinki-Vantaan lentoasema
Helsingfors-Vanda flygplats
IATA: HELICAO: EFHK
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar/Operateur Finavia
Bedien Groter Helsinki
Ligging Aviapolis, Vantaa, Finland
Geopen Julie 1952 (1952-07)
Spil vir
Hoogte bo seevlak 55 m / 179 vt
Koördinate 60°19′02″N 024°57′48″O / 60.31722°N 24.96333°O / 60.31722; 24.96333
Webtuiste www.helsinkiairport.fi
Landkaart
HEL is in Finland
HEL
HEL
HEL is in Europa
HEL
HEL
Ligging in Finland en Europa
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
04R/22L 3 500 Asfalt
04L/22R 3 060 Asfalt
15/33 2 901 Asfalt
Helikopterblaaie
Aantal Lengte Oppervlak
m vt
H16/H34 310 Asfalt
Statistieke (2022)
Passasiers 12 882 861
Verandering 21-22 202%
Landings 34 653
Vrag (metrieke ton) 171 198
Bron: Finavia

Die Helsinki-Vantaa-lughawe[1] (IATA: HEL; ICAO: EFHK; Fins: Helsinki-Vantaan lentoasema, Sweeds: Helsingfors-Vanda flygplats) is die belangrikste internasionale lughawe van die stad Helsinki, sy omliggende metropolitaanse gebied, en die Uusimaa-streek in Finland. Die lughawe is in die naburige stad Vantaa geleë, ongeveer 5 km wes van Tikkurila, die administratiewe sentrum van Vantaa en 17 km noord van Helsinki se middestad.[1] Die lughawe word deur die staatsbeheerde Finavia bedryf.

Die lughawe is verreweg die besigste in Finland en die vierde besigste in die Nordiese lande wat passasiersgetalle betref. Sowat 90% van Finland se internasionale lugverkeer gaan deur die Helsinki-lughawe.[2] In 2022 het die Helsinki-lughawe altesaam 12,9 miljoen passasiers gehuisves, waarvan 87% internasionale passasiers en 13% binnelandse passasiers was.[3] Die lughawe hanteer gemiddeld 350 vertrekke per dag.[2]

Die lughawe is die hoofspilpunt vir Finnair, die vlagdraer van Finland, en sy filiaal Nordic Regional Airlines. Dit is ook 'n spilpunt vir CityJet (namens SAS) en 'n bedryfsbasis vir Jet Time, Norwegian Air Shuttle, SunClass Airlines en TUI fly Nordic.

Helsinki-lughawe bedien ongeveer 50 gereelde lugrederye, met 80 geskeduleerde bestemmings na ander dele van Europa en 21 direkte langafstandroetes na Asië, die Midde-Ooste en Noord-Amerika. Daar is ook 35 huurbestemmings, insluitend talle langafstand-huurbestemmings.[4]

Die lughawe, wat oorspronklik vir die Olimpiese Somerspele van 1952 in Helsinki gebou is, bied vandag werk aan 25 000 mense met 1 500 maatskappye wat by hierdie lughawe sake bedryf.[5][6]

Finavia beoog om die posisie van die Helsinki-lughawe in transito-passasiersverkeer tussen Europa en Asië te versterk, en om die aantal direkte verbindings na Europa te verhoog.[7] Helsinki-lughawe se minimum omkeertyd van 35 minute is van die kortste in Europa.[8] Volgens Finavia se opnames kies soveel as een uit elke drie passasiers hul vlugroete op grond van die transito-lughawe.[9]

  1. 1,0 1,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aip_efhk
  2. 2,0 2,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named finavia_brief
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named dom
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named cloud
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named helsinkiairport.net
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named urban
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Euro
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named xtime
  9. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named finavia.fi

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search